Invloed van N-bemesting en rhizobiumrasse op opbrengs en N-samestelling van die saad van sojabone (<em>Glycine max</em>)

Original Articles

Invloed van N-bemesting en rhizobiumrasse op opbrengs en N-samestelling van die saad van sojabone (Glycine max)

DOI: 10.1080/02571862.1996.10634381
Author(s): A. , D.P. Botha , Republiek van Suid-Afrika , D.C. Pretorius , Republiek van Suid-Afrika , R. , L.J. Coetzer , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die studie is onderneem om die invloed van twee faktore, N-bemesting en atmosferiese N-binding, op opbrengs en proteïengehalte van Suid-Afrikaanse sojabone vas te stel. Drie N-misstowwe (ureum, NH4 +, NO3 ) met 15N verryk, is in 'n potproef teen 20 kg N ha−1 na die opkoms van Glycine max (kultivar Prima) saailinge toegedien. Die saad is met twee Bradyrhizobium japonicum-rasse, WB1 en WB74, geïnokuleer. Die plante is in die R8 (oesryp) groeistadium geoes en die saad vir totale N en 15N ontleed. In simbiose met WB1 en WB74 het die kultivar respektiewelik 68.4% en 65.2% van die N in die saad uit die atmosfeer bekom. N uit die drie bronne is beter in WB1 se teenwoordigheid benut. Die NO3-bron is die beste benut. Tussen 45.2% en 54.4% van toegediende N is in die saad herwin. Die invloed van toegediende misstof op atmosferiese N- en grond-N-opname het tussen die twee inokulante verskil. Die NH4-bron het veroorsaak dat meer atmosferiese en grond-N in die saad opgeneem is. Die NO3-bron het meer misstof-N in die saad laat akkumuleer. WB1 het tot meer atmosferiese en misstof-N in die saad gelei, terwyl met WB74 die saad meer grond-N bevat het. Alhoewel WB74 as inokulant teenoor WB1 'n kleiner persentasie atmosferiese N aan die saad voorsien het, het dit die massa totale N in die saad, teenoor die kontrole (nie geïnokuleer nie), laat toeneem. Die twee rasse het dieselfde proteïenproduksie per hektaar vir al die toegediende N-misstofvorm gelewer. Die toegediende 20 kg N ha−1 het 'n merkbare (statisties nie betekenisvol nie) toename teenoor die kontrole in proteïenproduksie veroorsaak. Die verhoging in opbrengs en proteïeninhoud van sojaboonsaad deur N-bemesting behoort met hoër N-toedieningspeile bevestig te word.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil