Effek van residuele plus toegediende stikstof op graanopbrengs van mielies in die Hoëveldstreek

Original Articles

Effek van residuele plus toegediende stikstof op graanopbrengs van mielies in die Hoëveldstreek

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 12 , issue 3 , 1995 , pages: 99–104
DOI: 10.1080/02571862.1995.10634345
Author(s): A.A. Bloem , Republiek van Suid-Afrika , R.O. Barnard Departement van Grondkunde en Plantproduksle, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die behoefte in Suid-Afrika aan stikstofbemestingsriglyne wat op 'n meer fundamentele basis berus, het aanleiding gegee dat drie veldproewe in die 1992/93 groeiseisoen begin is. Residuele NO3-N is na oes (Julie 1993) en voor plant (November 1993) op dieptes van 0–300 mm en 300–600 mm bepaal. Die gemiddelde residuele NO3-N voor plant (0–600 mm) was 4. 3 en 2. 8 mg kg−1 vir behandelings wat onderskeidelik deur peulplante en mielies sonder stikstofbemesting, voorafgegaan is. Die stikstofvoordeel van eenjarige peulplante is meetbaar as residuele NO3-N voor plant, aangesien data van mielies na mielies en mielies na peulplante dieselfde ver- wantskap tussen relatiewe opbrengs en residuele NO3-N beskryf het. Residuele NO3-N voor plant het 81% van die variasie in relatiewe opbrengs (van behandelings waar geen stikstof toegedien is nie) verklaar terwyl residuele NO3-N na oes slegs 34% van die variasie in relatiewe opbrengs verklaar het. Die residuele NO3-N oor 600 mm het 00k beter met relatiewe opbrengs gekorreleer as residuele NO3-N oor 300 mm. Stikstoftoediening kon slegs 29% van die variasie in relatiewe opbrengs verklaar, maar toegediende plus residuele NO3-N het 72% van die variasie in relatiewe opbrengs verklaar. Dit is 'n aanduiding dat die bepaling van residuele NO3-N onontbeer- lik is vir stikstofbemestingsaanbevelings. Na kombinasie van data met dié van Van der Walt & Du Preez (1991) is 'n betekenisvolle empiriese verwantskap verkry, waar 59% van die variasie in relatiewe opbrengs deur toegediende plus residuele NO3-N verklaar word. Hierdie verwantskap verteenwoordig data van ses seisoene en nege lokaliteite en kan gebruik word om residuele NO3-N by bemestingsaanbevelings in berekening te bring.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil