Reaksie van twee lengtekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. II. Opbrengs en bakkwaliteit

Original Articles

Reaksie van twee lengtekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. II. Opbrengs en bakkwaliteit

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 4 , 1994 , pages: 189–195
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634322
Author(s): J.P. du Plessis , Republiek van Suid-Afrika , G.A. Agenbag Departement Akkerbou en Weiding, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In die Swartlandkoringproduksiegebied is daar oor die afgelope tien jaar 'n daling in die gemiddelde prote'ieninhoud en bakkwaliteit van koring ondervind, selfs ten spyte van verhoogde stikstofbemesting. Die belangrikheid van die korrekte N: S verhouding het die vraag laat ontstaan of 'n wanbelans tussen N en S nie gedeeltelik verantwoordelik is vir die swak benuttingsdoeltreffendheid van N by hoë N-bemestings en verdagte kwaliteit van koring in die Swartland nie. Die lentekoringkultivars Palmiet en SST 66 is in 1990 en 1991 op Langgewensproefplaas in'n faktoriaalproef geplant om die gekombineerde effek van 0, 12.5, 25 en 50 kg S ha−1 en 50, 100 en 150 kg N ha−1 op opbrengs en bakkwaliteit te bestudeer. Palmiet het 'n hoër opbrengs as SST 66 gelewer. Stikstofbemesting het die opbrengs sowel as die meeste opbrengskomponente verhoog. Die korrelmassa is egter nie betekenisvol bei'nvloed nie. Swaelbemesting het nie 'n effek op opbrengs gehad nie. Die opbrengsreaksie teenoor N is egter in 1990 verbeter met 'n toename in S vanaf 0 tot 25 kg ha−1. SST 66 het 'n beter bakkwaliteit as Palmiet. Verhogings in N het bakkwaliteit verbeter deurdat prote'ieninhoud in die korrels en in die meel asook die broodvolume verhoog is. Die broodvolume van SST 66 is deur 'n toename in S- bemesting tot op 'n vlak van 25 kg S ha−1 verbeter. Met verdere toenames in S het dit weer afgeneem. Die broodvolume van Palmiet is nie deur S bei'nvloed nie. Kultivarverskille ten opsigte van bakkwaliteit kan dus verklaar word deur hul vermoë om S te benut. Die belangrikheid van gebalanseerde bemestingsprogramme, veral in gebiede met hoë produksiepotensiaal, is beklemtoon. 'ri Leemte in huidige graderingsregulasies waar slegs die kwantiteit en nie die kwaliteit van proteïene bepaal word nie, is ook ontbloot.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil