Manipulasie van sori-voorkoms op <em>Rumohra adiantiformis</em> blare

Short Communications/Kort Mededelings

Manipulasie van sori-voorkoms op Rumohra adiantiformis blare

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 3 , 1994 , pages: 142–144
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634312
Author(s): ElsaS. van Wyk Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , A.B. Wessels Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , R. Owen Sentrum vir Navorsingondersteuning en Rekenaarkundigheid, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Rumohra adiantiformis (G. Forst.) Ching, die Seweweeks- of Knysnavaring se gewildheid as snyloofproduk neem vinnig toe. Onder natuurlike groeitoestande ontwikkel die Knysnavaring slegs beperkte hoeveelhede sori, terwyl groot hoeveel- hede sori ontwikkel wanneer die varing onder skadunet verbou word. Die vorming van oormatige sori lei tot bemarkings- probleme. 'n Proef is op die perseel van Bergland Tuine te Krugersdorp uitgetê om die invloed van etefon, paklobutrasool (PP 333), gibberelliensuur (GA3) en sitokiniene elk by drie peile sowel as verskillende skaduvlakke op sori-voorkoms van volwasse blare te bepaal. GA3 op blaarstadium 3 verhoog soms, maar sitokiniene het geen invloed op sori-voorkoms gehad nie. Etefon teen 144 en 480 mg dm−3 het sori-voorkoms betekenisvol verlaag indien dit op blare in die knop- stadium toegedien is. PP 333 toegedien teen al drie peile op blare in die knopstadium het die aantal sori verminder. Die hoofeffek vir skaduwee was nie betekenisvol nie, maar daar was wel 'n neiging binne kontrolebehandeling dat die minste sori voorgekom het by plante wat by die hoogste skaduvlak gekweek is.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil