Gips as grond en water ameliorant

Original Articles

Gips as grond en water ameliorant

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 3 , 1994 , pages: 139–141
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634311
Author(s): H. , J.C. Smith , Republiek van Suid-Afrika , A.H. Loock , Republiek van Suid-Afrika , A.J. van der Merwe , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Gips korn algemeen voor, beide as 'n mineraal (gemynde gips) sowel as 'n industriële neweproduk (fosforgips of nywerheidsgips) en word vryelik gebruik as 'n grond en water ameliorant. Groot hoeveelhede nywerheidsgips word jaarliks in Suid-Afrika vervaardig in gebiede waar natuurlike gips normaalweg nie voorkom nie. Gips word op gronde uitgestrooi as 'n ameliorant teen die aansameling van natrium, die effekte van grondsuurheid, as 'n middel om waterinfiltrasie in gronde te verbeter en as 'n bron van die plantvoedingstowwe Ca en S. Sommige nywerhede soos byvoorbeeld papiernywerhede, gebruik gips as 'n waterameliorant om 'n meer gunstige natrium adsorpsievermoë (NAV) in uitvloeiselwater te bewerkstellig. Nywerheidsgips bevat egter fluoor (F). Die gebruik van nywerheidsgips as ameliorant mag dus grond se F-konsentrasies tot onaanvaarbare vlakke verhoog terwyl wateroplosbare F oppervlak en ondergrondse waterbronne mag besoedel deur afloop en infiltrasie. Daar word gerapporteer oor 'n voorbeeld waar die gebruik van nywerheidsgips as waterameliorant sekere grond F-konsentrasies tot onaanvaarbare vlakke verhoog het. Die onoordeelkundige gebruik van nywerheidsgips as grond- en waterameliorant word dus bevraagteken.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil