Effek van ureumkonsentrasies op die urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Original Articles

Effek van ureumkonsentrasies op die urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 9 , issue 2 , 1992 , pages: 58–63
DOI: 10.1080/02571862.1992.10634604
Author(s): F. , P.J. Thormählen Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die oogmerk met die studie was om vas te stel by watter ureumkonsentrasies die urease In die besproeide gronde versadlg of geinhibeer word. Die verloop van hldrolise is In ses gronde met verskillende urease-aktiwi- teite gemonitor na toediening van ureum teen konsentrasies van 12.5, 25.0, 50.0, 100.0 en 200.0 mg N kg−1 grond. Tydens inkubasie by 30°C is die ureumstikstof op gereelde tydsintervalle gemeet. Die data Is gebruik om die urease-aktiwiteite wat by elke grond met die verskillende ureumtoedienings verkry is, te bereken. Die urease-kapasiteite van die besproeide gronde varieer tussen 0.9 en 7.5 mg N kg−1 grond uur−1. Ureumkonsentrasies tussen 12.5 en 100.0 mg N kg−1 grond was voldoende om die urease in die verskillende gronde te versadig. Die tydsduur om die hldrolise van die toegedlende ureum in die gronde te voltool het bykans llneêr toegeneem met toenemende ureumkonsentrasies. Die pH-waardes van die gronde het toegeneem weens die hldrolise van ureum. In al die gronde het die gemete maksimum pH-waardes toegeneem met toenemende ureumkonsentrasies. Die toename in pH bokant die oorspronklike het gevarieer tussen 0.11 en 1.88 eenhede.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil