Original Articles

Patrone van opkoms van sekere onkruide in veldtoestande

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 8, issue 3, 1991 , pages: 153–157
DOI: 10.1080/02571862.1991.10634824
Author(s): A., E.J du Toit, Republiek van Suid-Afrika, M.R. Le Court De Billot, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Opkomspatrone van 24 onkruidspesies, wat algemeen in bewerkte lande in somerreënvalgebiede voorkom, is ondersoek. Saad van onkruidspesies is gedurende die vorige herfs in die veld versamel. Een duisend sade van elk van die onkruide is ewekansig gekies uit die versamelde saad en in voorafgesteriliseerdegrand ingewerk. Meeste spesies toon gedurende die 1987/88, 1988/89 en 1989/90 seisoene 'n vroeë somer opkoms-piek. Acanthospermum glabraium, Datura stramonium, Galinsoga parviflora en Ipomoea purpurea het vroeg somer 'n hoë opkomspiek gevolg deur 'n lae opkomstempo gedurende die res van die seisoen. Siegs drie onkruide, naamlik, Cleome monophylla, Commelina benghalensis en Xanthium strumarium, toon in die 1987/88 somer-groei- seisoen 'n tweede opkomspiek. Hierdie tweede piek is nie in die 1988/89 en 1989/90 somer-groeiseisoene herhaal nie. Onkruide soos Chloris virgata, Crotalaria sphaerocarpa, Digitarla sanguinalis en Eleusine indica het gedurende al drie somer-groeiseisoene tot laat somer volgehou met kieming. Na drie groeiseisoene toon die totale opkomspersentasiesdat al die gesaaide sade nog nie opgekom het nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil