Urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Original Articles

Urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 8 , issue 1 , 1991 , pages: 48–53
DOI: 10.1080/02571862.1991.10634579
Author(s): F. , P.J. Thormählen Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die oogmerk met die studie was om die omvang van urease-aktiwiteite in die besproeide gronde vas te stel en watter grondparameters dit beïnvloed. Die verloop van hidrolise is in agt gronde, afkomstig van die sentrale besproeiingsgebiede, gemonitor na toediening van ureum teen die ekwivalent van 100 kg N ha−1 aan beide die bo- en ondergronde. Tydens inkubasie by 30°C Is die ureumstikstof op gereeide tydsintervalle gemeet. Die data is gebruik om die urease-aktiwiteite van die verskillende gronde te bereken. Die urease- aktiwiteit in die bogronde het gevarieer tussen 1.23 en 7.37 mg N kg−1 grond uur−1 en in die ondergronde tussen 0.80 en 11.10 mg N kg−1 grond uur−1. Al die ureum wat aan die bogronde toegedien is, is na 10–49 uur gehidroliseer en dié aan die ondergronde na 8–76 uur. Gedurende hierdie periodes kan loging van ureum plaasvind weens oormatige reën en/of besproeiing. Gedurende hidrolise van ureum het die pH-waar- des van sommige gronde met meer as een eenheid gestyg wat 'n aanduiding is dat groot hoeveelhede NH3 kan vorm wat dan óf vervlugtig óf fitotoksies vir saad en saailinge kan wees. Die gevaar van ammoniakver- vlugtiging en-vergiftiging is ongeveer 10–43 uur na ureumtoediening die grootste. Die urease-aktiwiteite van die gronde het die beste gekorreleer met klei-inhoud, terwyl goeie korrelasies ook met organiese koolstof- en totale stikstofinhoudeen met katioonadsorpsievermoëgevind is.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil