Invloed van bemesting op sonneblomme. II. N-, P- en K-verwydering deur die gewas

Original Articles

Invloed van bemesting op sonneblomme. II. N-, P- en K-verwydering deur die gewas

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 7 , issue 3 , 1990 , pages: 172–175
DOI: 10.1080/02571862.1990.10634562
Author(s): H.L. Loubser , Republiek van Suid-Afrika , C.L. Grimbeek , Republiek van Suid-Afrika , Beulah Bronkhorst , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

N-, P- en K-ontledings is gedoen op saad- en plantmonsters wat verkry is uit twee NPK bemestingsproewe en een N × P × kalkproef. Die resultate is gebruik om die N-, P- en K-verwydering deur verskillende plantdele te bereken. Daar was ongeveer 30 kg N t−1 in die saad en 'n beduidende stikstofreaksie het slegs voorgekom waar minder as 25 kg N t−1 saad voorgekom het. Die stikstofverwydering deur die hele plant (wortels uitgesluit) toon dat slegs 10–32% van die toegediende N in die plante herwin is. Die herwinning van P en K deur die vegetatiewe plantdele het van 1 tot 11 % vir P en van 0 tot 25% vir K gewissel.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil