Kinetika van nitrifikasie in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Original Articles

Kinetika van nitrifikasie in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 6 , issue 4 , 1989 , pages: 250–255
DOI: 10.1080/02571862.1989.10634522
Author(s): D.J. Laubscher Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die verloop van nitrifikasie is in agt gronde, afkomstig van die sentrale besproeiingsgebiede, gemonitor na toediening van (NH4)2SO4 teen die ekwivalent van 100 kg N ha−1 aan beide die bo- en ondergronde. Tydens inkubasie by 30°C is die NH4 +, NO2- en NO3- op gereelde tydsintervalle gemeet. Eerste-orde vergelykings is gebruik om nitrifikasieparameters soos maksimum nitrifikasietempo (Kmaks), duur van die sloerfase (t') periode van maksimum nitrifikasie (Δt) en duur van die sloerfase plus die periode om maksimum nitrifikasie (ts) te bereken. Die parameters het soos volg gevarieer: Kmaks van 1,1 tot 15,1 mg NO3-N kg−1 dag−1; t' van 0,8 tot 7,3 dae; Δt van 2,8 tot 31,6 dae en ts van 3,4 tot 35,5 dae. 'n Toename in Kmaks het deurgaans gepaard gegaan met 'n afname in die tydparameters. In vergelyking met gerapporteerde resultate van ander navorsers is die nitrifikasie-aktiwiteit van hierdie gronde ietwat laag. In vyf van die agt gevalle was die nitrifikasie-aktiwiteit in die bogronde hoër as in die ooreenstemmende ondergronde, terwyl dit In twee van die ander drie gevalle die omgekeerde was. Nitrifikasie-aktiwiteit word in hierdie gronde beheer deur die aanvanklike populasie nitrlfiseerders, voorsiening van NH4 + en CO2 en veral die buffervermoë van die gronde.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil