Spruitvorming by mielies: 'n Vergelyking van enkelstammige en spruitvormende plante

Original Articles

Spruitvorming by mielies: 'n Vergelyking van enkelstammige en spruitvormende plante

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 6 , issue 4 , 1989 , pages: 235–239
DOI: 10.1080/02571862.1989.10634519
Author(s): J.F. Verwey Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , P.S. Hammes Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die groei en opbrengs van enkelstammige en meerstammige mielieplante uit dieselfde stand is vergelyk om vas te stel wat die effek van spruitvorming hierop is. Spruitontwikkeling het nie 'n wesentlike invloed op planthoogte en blaaroppervlakte van hoofstamme gehad nie. Spruite het egter heelwat kleiner blaaropper-vlaktes as hoofstamme gehad. Die totale graanproduksie van meerstammige plante was baie hoër (413 g) as dié van enkelstammige plante (219 g). Hoofstamme van plante met spruite se graanopbrengs was 318 g. Spruite het egter 'n aansienlik laer graan/stronk-verhouding as hoofstamme gehad, wat daartoe bygedra het dat meerstammige plante se graan/stronk-verhouding veel laer was (1,2:1) as dié van enkelstammige plante (1,5:1). 'n Groter gedeelte van die totale droëmateriaalproduksie is dus by enkelstammige plante vir graanproduksie aangewend, wat dui op groter doeltreffendheid by enkelstammige plante. Dit is ook weer- spleël in 'n hoër graanproduksie per eenheid blaaroppervlakte by enkelstammige plante. Die teenwoordigheid van spruite het die produktiwiteit van die hoofstam bevoordeel, maar die doeltreffendheid van die plant as geheel benadeel.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil