Voorspelling van nitraatbeweging in 'n fynsandleemgrond gedurende die braakperiode met die Burnsmodel

Original Articles

Voorspelling van nitraatbeweging in 'n fynsandleemgrond gedurende die braakperiode met die Burnsmodel

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 6 , issue 3 , 1989 , pages: 203–209
DOI: 10.1080/02571862.1989.10634511
Author(s): E.J. Haumann Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Eenvoudige model wat deur Burns (1974) ontwikkel is vir die voorspelling van nitraatbeweging in sandtot sandleemgronde is getoets. Verskillende nitraatverspreidingspatrone is in 'n fynsandleemgrond van 1,5-m diepte tot stand gebring waarna water met mikrobesproeiing toegedien is om nitraatbeweging te induseer. 'n Redelike goeie ooreenkoms is tussen die gemete en voorspelde nitraatinhoude van nege proefpersele tot op 'n diepte van 1,2 m verkry. Alhoewel geen betekenisvolle verskille tussen die gemete en die voorspelde waardes gevind is nie, was laasgenoemde meestal effens hoër as eersgenoemde. Die model kan met redelike vertraue gebruik word om nitraatbeweging gedurende die braakperiode in 'n fynsandleemgrond te voorspel deur van maklik bekombare grondparameters gebruik te maak.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil