Die invloed van grondbewerking op enkele grondeienskappe en die gevolglike ontwikkeling en opbrengs van koring in Suid-Kaapland

Original Articles

Die invloed van grondbewerking op enkele grondeienskappe en die gevolglike ontwikkeling en opbrengs van koring in Suid-Kaapland

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 3 , 1988 , pages: 142–146
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634274
Author(s): G.A. Agenbag Winterreënstreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Republiek van Suid-Afrika , J.J. Stander Winterreënstreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Vier verskillende bewerkingsbehandelings, wat Wissel in bewerkingsintensiteit van die intensiewe, konvensionele. skaar- en skottelbewerkingstelsel tot geen-bewerking, is oor 'n periode van 6 jaar vergelyk ten opsigte van die uitwerking op grondfaktore en die groei en opbrengs van koring. In hierdie proewe wat op 'n Escourt-döhne-grond in die maritieme-reëngebied van die Suid-Kaap-koringproduksiestreek uitgevoer is, het minder-intensiewe be- werkingstelsels die organiese C- en totale N-inhoud van die grond verhoog. Grondwaterinhoud met saaityd is ook verhoog. Penetrometerweerstande in veral die geen-bewerkingspersele was egter so hoog dat plantvestiging be- nadeel is deurdat saai-implemente nie behoorlik in die grond kon penetreer nie. Digter en meer egalige stande, wat meer are m−2 veroorsaak het, het dan ook oor jare die grootste bydrae (r 2 = 0,59 tot 0,90) gelewer tot die gemiddeld 61,7% hoër graanopbrengs wat met konvensionele in vergelyking tot geen-bewerking verkry is.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil