Die invloed van verskillende tipes en hoeveelhede plantresmateriaal op onkruiddodereffektiwiteit

Original Articles

Die invloed van verskillende tipes en hoeveelhede plantresmateriaal op onkruiddodereffektiwiteit

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 1 , 1988 , pages: 15–18
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634241
Author(s): T.C. van Eeden , Republiek van Suid-Afrika , D. du Toit Departement Agronomie en Hortologie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die invloed van agt verskillende plantreshoeveelhede (0–3 500 kg ha−1), sowel as verskiHende tipes plantreste (graansorghum- en mieliereste) op onkruiddodereffektiwiteit is ondersoek in 'n glashuisproef. Onkruiddodereffektiwiteit is bepaal deur middel van 'n indikatorplant, Avena sativa. Droëmassaopbrengs en planttellings van die indikatorplant is as veranderlikes gemeet. Die aanwesigheid van verskillende tipes plantreste tydens onkruiddodertoediening het dodereffektiwiteit nie betekenisvol be'invloed nie, terwyl 'n toename in plantreshoeveelheid dodereffektiwiteit wel betekenisvol beïnvloed het.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil