Die invloed van grond-pH op die ekstraheerbare fosfor, kalium, kalsium en magnesium met bikarbonaat as ekstraheermiddel

Short Communications/Kort Mededelings

Die invloed van grond-pH op die ekstraheerbare fosfor, kalium, kalsium en magnesium met bikarbonaat as ekstraheermiddel

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 4 , issue 4 , 1987 , pages: 198–201
DOI: 10.1080/02571862.1987.10634974
Author(s): H.J. Vorster , Republiek van Suid-Afrika , P.J. Snyman , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Met behulp van grond-pH is Olsen se natriumbikarbonaat- ekstraheerbare fosfor en ammoniumasetaat-ekstraheerbare kalium, kalsium en magnesium met die gewysigde ISFEI- (NH4HCO3 - Na-EDTA - NH4F) ekstraksiemetode vergelyk. Op grond van pH (CaCl2) is die grondmonsters wat in die ondersoek gebruik is in twee groepe verdeel, naamlik pH kleiner as 7 en pH groter as 7. Wat fosfor betref is 'n goeie verband r = 0,88 op grond met 'n pH kleiner as 7 tussen die twee metodes verkry. Die gewysigde ISFEI- en NH4OAC- metode het vergelykbare hoeveelhede kalium oor die hele pH-spektrum geëkstraheer. Vir kalsium en magnesium is ook beter korrelasiekoëffisiënte as in die geval van grond met pH-waardes groter as 7 verkry.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil