'n Vergelyking tussen hidrouliese geleivermoë en vernante eienskappe van 'n fynsand en 'n fynsandkleileem tydens <em>in sity</em>-dreinering

Original Articles

'n Vergelyking tussen hidrouliese geleivermoë en vernante eienskappe van 'n fynsand en 'n fynsandkleileem tydens in sity-dreinering

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 4 , issue 4 , 1987 , pages: 151–158
DOI: 10.1080/02571862.1987.10634965
Author(s): D.J. Beukes Hoëveldstreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In situ-dreineringstudies is in triplikaat op elk van 'n fynsand (Shashaserie) en 'n fynsandkleileem (Msingaserie) uitgevoer. Die ondersoek het 340 uur geduur waartydens op vyf dieptes metings van volumetriese waterinhoud (θ) en matrikspotensiaal (ψm) gedoen is. Unieke verwantskappe tussen θ, ψm en tekstuur is gevind. Alhoewel θ by versadiging nie veel verskil het nie, het die fynsand gedreineer tot 'n ewewigs-θ van 0,06 teenoor 0,24 van die fynsandkleileem; finale ψm het nie veel verskil nie (–8,9 kPa en –9,2 kPa, onderskeidelik). Hoër vloeddigthede van die fynsand in die tydperk onmiddellik na versadiging verklaar gedeeltelik die sneller afname in θ in vergelyking met die fynsandkleileem. Daar bestaan meerfasige eksponensiële verwantskappe tussen hidrouliese geleivermoë (1) en ψm, asook tussen θ en ψm (r = 0,82–0,99). By die snypunte van die funksies kan waardes herlei word vir (1) θ en ψm wat goed ooreenstem met in situ θ en ψm by veldkapasiteit, en (2) ψm wat moontlik die lugintree-potensiaal aandui. Die veel laer eind-θ van die fynsand kan ook toegeskryf word aan 'n effens groter K-reikwydte, sowel as 'n tydelike konstante θ by die aanvang van dreinering.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil