Evaluering van braakstelsels vir droëlandkoringverbouing in die Oranje-Vrystaat

Short Communications/Kort Mededelings

Evaluering van braakstelsels vir droëlandkoringverbouing in die Oranje-Vrystaat

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 4 , 1986 , pages: 198–200
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634222
Author(s): C. Engelbrecht , Republiek van Suid-Afrika , A.J. der Westhuizen , Republiek van Suid-Afrika , G.D. Joubert , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Drie produksiestelsels vir droëlandkoring is te Glen en Bethlehem geëvalueer. Die kortbraak was vyf tot ses maande, intermediêre-braak was 12 tot 13 maande en langbraak was 17 maande. Glen verteenwoordig 'n semi-ariede somerreëngebied waar die proefgrond 'n plantbeskikbare-waterstoorkapasiteit van 148 mm water per 1 200 mm diepte het. Hier het die behandelings met langer braakperiodes 'n betekenisvol hoër graanopbrengs en hektolltermassa van koring tot gevolg gehad in vergelyking met die kortbraakbehandeling. Hierdie neiging word toegeskryf aan die groter hoeveelheid grondwater wat in die braakperiode gestoor is by die langer braakbehandelings. Bethlehem word gekenmerk deur gunstiger klimaatstoestande vir droëland-koringproduksie as Glen. Die Bethlehem-grond se plantbeskikbare waterstoorkapasiteit is egter laer, naamlik 125 mm in die 600 mm beskikbare profieldiepte. Onder die meer gunstige klimaatstoestande in die braak- en groeiseisoene van koring te Bethlehem was die opbrengsverskille tussen die behandelings nie statisties betekenisvol nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil