Anorganiese stikstof in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal met planttyd, 1984

Original Articles

Anorganiese stikstof in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal met planttyd, 1984

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 3 , 1986 , pages: 148–150
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634211
Author(s): C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , R. , du T. Burger Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Ondersoek is ingestel na die hoeveelheid anorganiese stikstof wat met planttyd gedurende die 1984/85-seisoen in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal teenwoordig was. By 82 lokaliteite, wat verspreid oor hierdie gebied voorkom, is grondmonsters ingesamel. Grondmonsters is op 300 mm diepte-intervalle, tot 'n maksimum diepte van 1 200 mm geneem. Die ammoniumen nitraatinhoud van hierdie monsters is bepaal. Alhoewel die anorganiese stikstofinhoud van hierdie gronde baie tussen lokaliteite varieer, was dit van so 'n omvang dat dit beslis by stikstofbemestingsaanbevelings in berekening gebring behoort te word. Dit is veral die anorganiese stikstof in die ondergrond wat van belang is. Die anorganiese stikstof kon opgebou het as gevolg van droogtetoestande en lae oesopbrengste gedurende die voorafgaande jare.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil