Empinese verwantskappe tussen veldkapasiteit en sekere fisiese grondeienskappe

Original Articles

Empinese verwantskappe tussen veldkapasiteit en sekere fisiese grondeienskappe

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 2 , issue 3 , 1985 , pages: 151–156
DOI: 10.1080/02571862.1985.10634157
Author(s): D.J. Beukes Hoëveldstreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening,

Abstract

Veldkapasiteit (VK) is in situ bepaal op verskeie gronde in Wes- Kaapland. Grondtekstuur het gewissel van sand tot sandklei. Veldkapasiteit is op vyf dieptes bepaal en het gevarieer van 4,9% tot 27,2% op massabasis. Matrikspotensiaal by VK het gewissel van −9,1 tot −1,4 kPa. In totaal is 105 bepalings op 23 persele uitgevoer. Faktorontledings het 11 grondfisiese eienskappe in vier faktore gegroepeer ten opsigte van hul verwantskappe met in situ-VK. Hierdie faktore het aangetoon dat klei-inhoud, growwesand, matriksdigtheid (pb), versadigde hidrouliese geleivermoë en tydsverloop vanaf versadiging tot VK, die beste voorspellers van VK sal wees. Meervoudige re- gressies het bewys dat 'n voorspellingsvergelyking met vier ver- anderlikes, te wete klei, growwesand, pb en Ks , 78% van die variasie in VK verklaar. Die regressiekoëffisiënte vir growwesand, Pb en Ks was negatief, en klei positief, ten opsigte van VK (R = 0,88). Daar was 'n uitstekende reglynige verband tussen VK en waterinhoude wat by 10, 33 of 1500 kPa in die laboratorium bepaal is op versteurde monsters of onversteurde grondkerne (R = 0,89** - 0,97**). Deurdat waterretensie by hierdie drukke tussen 79% en 94% van die variasie in in situ- VK-waardes verklaar, kan hierdie maklike en vinnige laborato- riumbepalings as akkurate voorspellers van VK gebruik word.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil