Invloed van sekere grondeienskappe op matrikspotensiaal by, en tydsverloop tot, veldkapasiteit

Original Articles

Invloed van sekere grondeienskappe op matrikspotensiaal by, en tydsverloop tot, veldkapasiteit

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 1 , issue 4 , 1984 , pages: 125–131
DOI: 10.1080/02571862.1984.10634126
Author(s): D.J. Beukes Hoëveldstreek, Departement van Landbou,

Abstract

Veldkapasiteit (VK) is bepaal op 5x5 m-persele op verskeie gronde in Wes-Kaapland. Tekstureel het die gronde gewissel van growwe sand tot sandklei. Gronde van die Avalon-, Dundee-, Fernwood-, Hutton-, Oakleafen Westleighvorme is gebruik. Matrikspotensiaal (ψm) is gemonitor met kwiktensiometers, terwyl waterinhoud gravimetries bepaal is. Veldkapasiteit is op vyf gronddieptes bepaal en het gewissel van 4,9% tot 27,2% op massabasis. In totaal is 105 bepalings op 23 persele uitgevoer. Lineêre korrelasiestudies het getoon dat daar 'n swak verwantskap bestaan tussen % klei (r = 0,40), % slik + klei (r = 0,53), % fynsand (r = −0,52) en hidrouliese geleivermoë (K) (r = −0,42), onderskeidelik, en matrikspotensiaal by VK. Hierdie tekstuureienskappe en K is nog swakker gekorreleer met die tydsverloop vanaf versadiging tot VK. Trosontledings het alle waarnemings in 'n aantal goed afgebakende groepe geplaas op basis van die genoemde deeltjiegroottefraksies en grond- watereienskappe. Vyf tekstuurgroepe is geïdentifiseer. Die ontledings het getoon dat (i) daar geen uniekheid is in die groeperings sover dit lokaliteite of grondvorme betref nie; (ii) matrikspotensiaal by VK 'n funksie van hidrouliese geleivermoë is; (iii) daar gevolgllk nie 'n unieke verband bestaan tussen tekstuur en ψ by VK nie; en (iv) daar geen verwantskap bestaan tussen tekstuur of hidrouliese geleivermoë, en die tydsverloop vanaf versadiging tot VK nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil