'n Forensies-semantiese beskouing van die woordgebruik ‘onkoste’ in die hofsaak <em>Commissioner for South African Revenue Service vs. Labat Africa Limited</em>

Articles

'n Forensies-semantiese beskouing van die woordgebruik ‘onkoste’ in die hofsaak Commissioner for South African Revenue Service vs. Labat Africa Limited

DOI: 10.2989/16073614.2012.750822
Author(s): TerrenceR Carney Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Suid-Afrika

Abstract

Die regsdomein vereis te alle tye goeie taalkennis en -gebruik. Dit gebeur dikwels dat 'n regsdispuut om taal en taalgebruik sentreer. Een só 'n voorbeeld is die saak Commissioner for South African Revenue Service v. Labat Africa Limited. In sowel die betrokke appèlhofsaak as die voorafgaande hofsake word die regsuitspraak gebaseer op die interpretasie van die woord ‘onkoste’. Met hierdie artikel word daar vasgestel of die interpretasie korrek is deur die onderhawige woord semanties te ontleed deur Shuy (1986) se analisemodel aan te wend. Die semantiese ontleding fokus onder meer op die definisie van die woord, semantiese veldanalise, komponensiële analise en kontekstualisering.

Get new issue alerts for Southern African Linguistics and Applied Language Studies