Original Articles

Die invloed van plantdatum op die blomvorming en produksie van twaalf eenjarige mediterreense weidingspeulgewasse in ‘n mediterreense omgewing

DOI: 10.1080/00725560.1977.9648803
Author(s): J.M. Van HeerdenDepartement van Landbou‐tegniese Dienste,, V.D. WassermannFakulteit van Landbou,

Abstract

‘n Ondersoek is op Stellenbosch uitgevoer waarin die invloed van drie opeenvolgende plantdatums op die blomvorm‐ing en produksie van 12 eenjarige Mediterreense weidingspeulgewasse ondersoek is. Die periodes van opkoms tot blom en van opkoms tot rypwording het drasties afgeneem met later planting en gelei tot ewe groot afnames in produksie, ten spyte daarvan dat grondvog nie beperkend was nie. Die moontlike verband tussen die vertoning van hierdie gewasse en die klimaatsfaktore waargeneem tydens die verskillende groeiperiodes word bespreek. Weens die klein aantal plantings kon betekenisvolle korrelasies egter nie aangetoon word nie.

Get new issue alerts for Proceedings of the Annual Congresses of the Grassland Society of Southern Africa