Die dinamiek van regverdigingsaanduiders en brongebruik in studentetekste: ʼn Korpusgebaseerde ondersoek

Research Articles

Die dinamiek van regverdigingsaanduiders en brongebruik in studentetekste: ʼn Korpusgebaseerde ondersoek

DOI: 10.2989/16073614.2025.2493832
Author(s): Zanétte Meintjes Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Abstract

Hierdie artikel ondersoek studente se vermoë om taaluitdrukkings wat op regverdiging dui te gebruik, asook om toepaslike bronne vir bewyslewering in hulle geskrewe akademiese argumente te integreer. Deur ʼn korpusgebaseerde ondersoek word insig verskaf oor die gebruik en geskiktheid van spesifieke taaluitdrukkings wat as regverdigingsaanduiders dien, die verspreiding daarvan oor die inleidende, besprekings– en afsluitende gedeeltes van studentetekste, die tipes bronne wat aangewend word, en die wyse waarop erkenning aan sodanige bronne verleen word. Die empiriese analise, aangevul deur kwalitatiewe insigte, onthul dat terwyl die meerderheid van eerstejaarstudente oor die nodige vermoë beskik om koherensie deur middel van regverdigingsaanduiders te skep en inligting uit bronne te integreer, daar spesifieke areas is waar ondersteuning aan studente gebied behoort te word. Die uitbreiding van eerstejaarstudente se kennis rakende alle taaluitdrukkings wat ʼn regverdigingsfunksie vervul, verdien aandag. Daarnaas het hulle ook ondersteuning nodig in die gebruik van gepaste akademiese bronne en akkurate bronvermelding. Laastens behoort hulle begrip rakende die inhoud waaruit ʼn argumentatiewe slot bestaan verder ontwikkel te word.

Get new issue alerts for Southern African Linguistics and Applied Language Studies