Research Article

Sendinginvloed op die Sepediversvorm – die heffingsvers

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 40, issue 2, 2020 , pages: 157–163
DOI: 10.1080/02572117.2020.1804214
Author(s): Pieter S Groenewald, Suid Afrika

Abstract

Om die Bybel te vertaal en liedere in Sepedi te skryf, het die sendelinge van die Berlyns Lutherse Sendinggenootskap uiteraard van moedertaalsprekendes gebruik gemaak. Wat hulle nie besef het nie, was dat (a) die vers in Sepedi ʼn woordgroepvers is, en (b) rym op linguistiese gronde nie doeltreffend as verstegniek aangewend kan word nie. Die kerkliedere is daarom as heffingsverse gekonsipieer. Noord-Sotho digters sou later na aanleiding hiervan ook kinderrympies hiervolgens saamstel. Dit is egter (EKK) Matlala en Matsepe wat die eksperiment met die skrywe van heffingsverse die verste gevoer het. Matlala skryf o.a. Shakespeareaanse sonnette volgens die rymskema van ababcdcdefefgg. Sy gedigte is egter sintakties sodanig gestruktureer dat hulle eerder as prysdigte gewaardeer kan word. Matsepe se bydrae tot die Sepediletterkunde is ontsaglik. Die heffingsverse wat hy skryf, kan as die bevredigendste voorbeelde van dié verssoort in Sepedi beskou word. Hy besef ewenwel dat rym nie ʼn doeltreffende middel is om versvorm te definieer nie, en gebruik derhalwe ook woordherhaling by tye as plaasvervanger van rym. Sy vindingrykheid ten opsigte van die rymskema ken haas geen perke nie. Ook hy skryf sonnette. Die sonnet in Sepedi het egter nie jambiese versvoete nie, en rym is problematies.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages