Is grammatika-onderrig aanvaarbaar in 'n kommunikatiewe taalverwerwingskursus?

Original Articles

Is grammatika-onderrig aanvaarbaar in 'n kommunikatiewe taalverwerwingskursus?

DOI: 10.1080/02572117.1995.10587058
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die plek van grammatika-onderrig binne 'n Kommunikatiewe Bestel is soms onduidelik. Uiteenlopende standpunte, vanaf grammatikagebaseerde sillabusse tot algehele negering van grammatika, word aangetref. Die doel van dié Studie is om die voor- en nadele van die uiteenlopende standpunte onder oë te neem en dit op te volg met sekere aanbevelings vir die onderrig van Afrikatale. Die artikel neem 'n aanvang met 'n historiese oorsig oor die onderrig van grammatika, gevolg deur 'n Studie van outomatisering. Omdat eksplisiete verduidelikings tot implisiete leer lei, word 'n sintese en 'n sinkretisme tussen akkuraatheid en vlotheid, grammatika-onderrig en 'n Kommunikatiewe Aanpak, bepleit. Hierdie twee opponerende benaderings moet nie onderling uitsluitend nie, maar eerder wedersyds ondersteunend geïmplementeer word.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages