Die bruikbaarheid van Kolb se model vir Afrikataalonderrig

Original Articles

Die bruikbaarheid van Kolb se model vir Afrikataalonderrig

DOI: 10.1080/02572117.1994.10587043
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Onvoldoende taalverwerwing in 'n praktiesgerigte taalkursus vir nie-moedertaalsprekers, kan aan verskeie faktore toegeskryf word, onder andere die uitsluitlike aanwending van die dosentgesentreerde lesing en die verontagsaming van die wyse waarop die leerproses plaasvind. 'n Pleidooi word gelewer vir die implementering van Kolb se ervaringsleermodel wat gebaseer is op navorsing uit sielkunde, filosofie en fisiologie. Die nadele van die eksklusiewe aanwending van die dosentgesenteerde lesingmetode kan nie oorbeklemtoon word nie. Die doel van die artikel is ora aan te toon dat Kolb se studentgerigte model ook suksesvol vir taalonderrig geïmplementeer kan word. Dit neem die aard van die leerproses by die volwassene in ag, asook die wyse waarop die dosent die leerproses deur sy onderrig kan bevorder. Dit word ook as 'n sintese vir 'n verskeidenheid, en selfs uiteenlopende onderrigbenaderings, voorgehou.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages