'n Praktiesgerigte kursus: voorstelle vir vernuwing

Original Articles

'n Praktiesgerigte kursus: voorstelle vir vernuwing

DOI: 10.1080/02572117.1994.10587030
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die onderrig van 'n taal aan die hand van die grammatikavertaal-benadering, word nie meer in die Toegepaste Linguistiek aanvaar nie. Die uitsluitlike aanwending van die lesing as die enigste onderrigmetode is ook verouderd. 'n Pleidooi vir vernuwing ook in die Afrikatale word in hierdie artikel gelewer. 'n Kurrikulumontwikkelingsiklus word as 'n rigtingaanwyser in 'n doolhof van navorsingsliteratuur voorgestel. Na aanleiding van die kurrikulumontwikkelingsiklus word aangetoon dat 'n situasie-analise, doelformulering, leerstofseleksie, leerervarings en leergeleenthede, asook evaluering, komponente is wat aandag moet geniet by vernuwing in onderrig.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages