Negatiewe van die toekomende en potensiale vorme in Setswana

Original Articles

Negatiewe van die toekomende en potensiale vorme in Setswana

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 9 , issue 4 , 1989 , pages: 139–144
DOI: 10.1080/02572117.1989.10586792
Author(s): C. , J.H. Krüger , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Voorlopige ondersoek is gedoen van die verskeie negatiewe strukture van die toekomende en potensiale aspek wat in Setswana gebruik word. Siegs die negatiewe wat in die indikatiewe en partisipiale modi voorkom, is in aanmerking geneem. Daar is vasgestel dat die meeste van hierdie negatiewe variante van mekaar is wat nie onafhanklik van mekaar uit 'n oorspronklike positiewe vorm ontwikkel het nie, maar deur onderlinge hernegering deur die invoer en/of reduksie van morfologiese items soos negatiewe morfeme, onderwerps- morfeme en die hulpwerkwoorde -ka, -ke, -nke, -ketla (-kitla), -ka-ke. Daar sal egter heelwat meer navorsing en veldwerk gedoen moet word om tot meer akkurate afleidings en gevolgtrekkings te kom.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages