Versvorm: Die prysdig in Noord-Sotho

Original Articles

Versvorm: Die prysdig in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1989.10586785
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die prysdig is ongetwyfeld een van die belangrikste literêre genres in die Afrikaletterkundes. Hoewel dit die onder-werp van talle studies was, meen Opland dat die metriese definisie van die prysdig nog nie volledig beskryf is nie. Om hierop 'n bevredigende antwoord te soek, hoort die ondersoeker weer na die beginsels te gaan kyk wat versvorm onderlê, naamlik, (a) dié van koördinasie, en (b) dié van korrespondensie. Die beginsel van koördinasie is nog nie ten voile ondersoek in soverre dit om sy funksies gaan nie. Hierdie funksies is dié van verdeling en dié van binding waardeur die kleiner metriese eenhede op mekaar aangewys word. Laasgenoemde funksie word herken aan die metaforiese en metonimiese verbande wat tussen die metriese eenhede ingelê word.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages