Poésie in Noord-Sotho vanaf 1935

Original Articles

Poésie in Noord-Sotho vanaf 1935

DOI: 10.1080/02572117.1988.10586755
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die eerste gedigte wat in Noord-Sotho gepubliseer is, is tradisionele prysdigte. Talie bundels verskyn daarna wat as prysdigversamelings beskryf word, hoewel die verse daarin opgeneem, drasties van die prysdig verskil. Daarom het dit nodig geword om tussen tradisionele en moderne prysdigte te onderskei. Hierdie onderskeid is die resultaat van 'n ontwikkelingsproses wat nie net die prysdig nie, maar die hele digkuns geraak het. Faktore wat hierdie proses in die hand gewerk het, is (a) die koms van die geskrewe woord en (b) die sosiale, politieke, en kulturele omstandighede waarin die Noord-Sotho hom bevind het. Digters het vroeg reeds begin eksperimenteer, en gou was daar twee tendense in die digkuns bespeurbaar. Teenswoordig word daar drie strominge in die digkuns onderskei: Eerstens word daar prysdigte geskryf op die tradisionele lees geskoei. Tweedens is daar 'n kategorie wat as eksperimente beskou kan word. Derdens is daar werke wat metries by die tradisionele vers, en tematies-struktureel by die eksperimentele vers aansluit.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages