Verwesenliking

Original Articles

Verwesenliking

DOI: 10.1080/02572117.1987.10586687
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die vroeëre voorstelling van 'n versukkelde Noord-Sotho wat horn in die stede bevind het, is aan die einde van die sestigerjare vervang deur 'n waardiger uitbeelding. 'n Nuwe mens het hom in die letterkunde aan die leser begin voordoen. Van die beste voorbeelde hiervan kan in die werke van Bopape, Mphahlele, en Kekana gevind word. Vantevore is hy as 'n persoon uit die platteland beskryf wat in die stede kom geld verdien, maar op die einde na sy mense terugkeer waar hy tuis voel. In die jongste tyd word hy 'n stadsmens, en na die platteland keer hy nie meer terug nie. Ook tematies het die moderne outeur nuwe terreine betree: Kekana skryf oor die vrou in die moderne samelewing, Rafapa skryf psigologiese novelles, terwyl die poësie 'n duidelike emosionele kleur kry waarin die Noord-Sotho as verenkelde moderne mens beskryf word. Die meeste onderwerpe wat deesdae in die letterkunde aan die orde is, raak die moderne mens en die moderne samelewing.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages