Ontwikkeling van prefikse, suffikse, en voorsetsels in Noord-Sotho

Original Articles

Ontwikkeling van prefikse, suffikse, en voorsetsels in Noord-Sotho

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 6 , issue 4 , 1986 , pages: 156–166
DOI: 10.1080/02572117.1986.10586669
Author(s): D.J. Prinsloo Departement Bantoetale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Reeds in die vyftigerjare konkludeer Ziervogel dat die lokatiefprefikse pa-, ku-, en mu- enersyds en die lokatiefsuffiks -ni andersyds, 'n gemeenskaplike herkoms het. Al vier die morfeme was naamlik oorspronklik Soedanstamme en wel postposisies. Dit is egter besonder interessant dat pa-, ku-, en mu- as prefikse in die Bantoetale optree terwyl -ni 'n sufflks is. Ziervogel toon verder aan dat die suffiks -ni ouer as die prefikse is. Die prefikse is volgenshom 'n latere ontwikkeling wat steedsmeer momentum kry. Ziervogel vind dit oënskynllk moeillk om dié verskynselte verklaar. Hy veronderstel dat Bantoesprekersaan vanklik suffigering ‘nie begryp’ het nie en dat -ni net so as postposisie uit Soedans oorgeneem is. Op 'n latere stadium het Bantoesprekers prefigering, wat volgens hom tipies van Bantoe is, ‘beter begryp’ en derhalwe Soedanse postposisies as prefikse oorgeneem. Vandag, ongeveer 30 jaar later, kan hierdie aangeleentheid sinvol deur die taaltipologie en tipologiese verandering verklaar word. Trouens, die uitgangspunte rakende lokatiewe pre- en suffikse kan veralgemeen en uitgebou word ten opsigte van alle prefigale en suffigale afleidingstrategieë in Noord-Sotho.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages