Tussensinse semantiese relasies

Original Articles

Tussensinse semantiese relasies

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 6 , issue 3 , 1986 , pages: 105–112
DOI: 10.1080/02572117.1986.10586660
Author(s): C. , J.H. Krüger ,

Abstract

In hierdie artikel word die aandag eers kortliks gevestig op die verskillende soorte semantiese relasies wat binne sinne en tekste voorkom. Een van hierdie relasies, naamlik die tussensinse semantiese relasies, word in besonderhede bespreek. Daar word aangetoon dat die tipe relasie tussen sinne gedetermineer word deur 'n aantal items wat konjunktiewe deskriptiewe bepalings is, wat onder meer sinskonnektiewe funksies het (Engels s-connectors). Hierdie items (gewoonlik geklassifiseer as nie-modusdeterminerende voegwoorde) is afkomstig uit verskeie soorte woorde en groepe respektiewelik. Die ‘konjunksin’, ingelei deur die konjunk, volg onmiddellik op die ‘voorsin’. As gevolg van hierdie opeenvolging word dié tipe relasie as 'n strukturele tussensinse semantiese relasie beskou. Die relasie bestaan uit verskeie subtipes, naamlik additiewe, adversatiewe, kousale, temporele, en alternerende relasies, afhangende van die bepaalde betekenis van die betrokke konjunkte.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages