Die Noord-Sotho ontredder

Original Articles

Die Noord-Sotho ontredder

DOI: 10.1080/02572117.1986.10586643
Author(s): P.S. Groenewald ,

Abstract

Die eerste periode in die Noord-Sotholetterkunde bied kultuurhistories 'n troostelose prentjie van ontbering en ontreddering. Die geweldige nywerheidsontwikkeling met sy geskooldheidseise het die Noord-Sotho volkome uitgesluit van die ekonomiese vooruitgang wat dit meegebring het. Maar ook het dit die Noord-Sotho in 'n kulturele lugleegte gelaat wat gedwing het om hom heeltemal te verwilder en van homself te vervreem. Die probleem van verwording was wesenlik. Die werklikheid van waaruit die Noord-Sotho sy inspirasie geput het, was wreed, en dit is 'n terneergedrukte mens wat in hierdie werke voorgehou word.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages