Semantiese analise van die vraagpartikels <em>na</em> en <em>afa</em> in Noord-Sotho

Original Articles

Semantiese analise van die vraagpartikels na en afa in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1985.10586599
Author(s): D.J. Prinsloo ,

Abstract

Die sogenaamde ‘tradisionele grammatici’ soos Van Eeden gaan van die standpunt uit dat vraagpartikels, soos na, naa, a, afa, ens., bloot ‘gesproke vraagtekens’ in Bantoe is, dit wil sê semanties leeg, of te wel semanties nie onderskeidend eenders nie. So 'n beskouing kan nie verklaar waarom vervanging van na met afa (en omgekeerd) in sekere kontekste ongrammatikaliteit tot gevolg het nie. Die doel van hierdie artikel is om aan die hand van sekere beginsels rakende voorveronderstelling (‘presupposition’) semanties tussen na en afa te onderskei. Daar word aangevoer dat na in neutrale ‘ja—nee’-vrae gebruik word waar die spreker van die veronderstelling uitgaan dat die aangesprokene 'n positiewe of negatiewe respons kan en sal gee. Hierteenoor word afa gebruik in gevalle waar die spreker en die aangesprokene 'n bepaalde agtergrondkennis deel en eersgenoemde 'n positiewe respons tesarne met 'n verduideliking verwag.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages