Herinterpretasie van die betekenis van demonstratiewe in Noord-Sotho

Original Articles

Herinterpretasie van die betekenis van demonstratiewe in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1985.10586597
Author(s): A.E. Kotzé ,

Abstract

Deiktiese demonstratiewe is naamwoordelike bepalers wat verwys na Objekte wat aanwesig is in die fisiese werklikheid waarin een of albei die gespreksgenote in 'n bepaalde gespreksituasie hulle bevind. Sulke (deiktiese) demonstratiewe word tradisioneel vir Noord-Sotho ingedeel in drie stelle volgens die posisie (afstand) wat die objek ten opsigte van die spreker beklee. Navorsing het aan die lig gebring dat die betekenis van demonstratiewe nie korrek gedefinieer kan word tensy die bestaan van 'n drieledige verhouding in elke gespreksituasie erken word nie. Hierdie verhouding bestaan tussen die spreker, die aangesprokene, en die objek waarna verwys word. Hiervolgens word die keuse tussen die verskillende demonstratiewe ‘posisies’ bepaal deur die relatiewe afstand tussen die gespreksgenote enersyds, en die objek andersyds, of die relatiewe afstand tussen die spreker enersyds, en die aangesprokene en die objek andersyds, of die relatiewe afstand tussen die spreker en die objek enersyds, en die aangesprokene andersyds. Dit bring die navorser by 'n aantal interessante waarnemings, onder meer dat 'n herklassifikasie van die demonstratiewe van Noord-Sotho, wat heelwat verskil van die tradisionele klassifikasie, nodig geword het.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages