'N LEKSIKAAL-INTERPRETATIEWE ANALISE VAN ENKELE SEMANTIESE RELASIES IN XHOSA

Original Articles

'N LEKSIKAAL-INTERPRETATIEWE ANALISE VAN ENKELE SEMANTIESE RELASIES IN XHOSA

DOI: 10.1080/02572117.1983.10586518

Abstract

Hierdie studie het as teoretiese uitgangspunt die leksi kaal- interpretatiewe model van generati ewe grammatika, gepostuleer in Bresnan (1978). Binne die kader van hierdie teorie word 'n analise gegee van enkele semantiese relasies, in die besonder die aktief-passiefrelasie, in 'n aantal Xhosa-sinstrukture. Daar sal aangetoon word dat die voorgestelde analises vir die aktief-passiefrelasie soos geformuleer in Bresnan (1978) en Hoekstra en Moortgat (1979) ook van toepassing is vir bepaalde passiefkonstruksies in Xhosa. Dit blyk egter voorts dat die genoemde analises uitgebrei moet word ten einde die semantiese relasies in bepaalde ander passiefstrukture van Xhosa te verantwoord. Die passief-strukture wat in hierdie verband besonderlik ter sprake kom, is passiefsinne met die eksistensiële ku as sintaktiese subjek, en die passiewe van dubbeloorganklike werkwoorde.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages