Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees: Wanneer ‘n lid uit sy taalarea beweeg

Articles

Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees: Wanneer ‘n lid uit sy taalarea beweeg

DOI: 10.2989/16073614.2015.1063804
Author(s): Daniël Van Olmen Department of Linguistics and English Language, United Kingdom , Adri Breed Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Potchefstroomkampus, Suid Afrika

Abstract

ʼn Onlangse tendens in die studie van Standaard Gemiddeld Europees (Standard Avarage European), is die sogenaamde “ekstra-territoriale perspektief”. Hiermee word gepoog om te bepaal tot watter mate tale van die Sprachbund en nie-Europese tale vanweë taalkontak op mekaar begin afstem. Die huidige artikel val binne die kader van hierdie navorsingsfokus, deurdat dit ondersoek instel na die mate waarin ʼn Europese taal begin afwyk het van Standaard Gemiddeld Europees nadat dit geografies uit die taalarea verwyder is. Die fokus is op Nederlands – ʼn nukleuslid van die Sprachbund – en Afrikaans – die koloniale T2-taal. Die twee tale is vergelyk op basis van die twaalf van die mees kenmerke eienskappe van Standaard Gemiddeld Europees. Daar is gevind dat Afrikaans tien van die twaalf kenmerke met Nederlands deel, insluitend antikou-satiewe prominensie en die formele onderskeid tussen intensifiseerders en refleksiewe. Ten spyte van die verskil in die wyse waarop Afrikaans en Nederlands negatiewe voornaamwoorde of eksterne besitters gebruik, kan Afrikaans, vanweë die mate van ooreenstemming met SGE, steeds nog as ʼn kernlid van die taalarea gereken word. ʼn Moontlike rede vir die feit dat Afrikaans nog so baie van die taalarea se kenmerke het, kan waarskynlik toegeskryf word aan die variëteit wat die basis van die standaardtaal in die vroeë ontwikkelingsjare van Afrikaans gevorm het, te wete Oosgrensafrikaans.

Get new issue alerts for Southern African Linguistics and Applied Language Studies