Wisselende grense: visuele kuns en alledaagse aktiwiteit

Original Articles

Wisselende grense: visuele kuns en alledaagse aktiwiteit

Published in: South African Journal of Philosophy
Volume 18 , issue 3 , 1999 , pages: 287–312
DOI: 10.1080/02580136.1999.10878190
Author(s): Timo Smuts Departement Beeldende Kunste, Suid-Afrika

Abstract

Kontemporêre visuele kuns sluit toenemend aktiwiteite in wat die terrein van alledaagse aktiwiteit betree. Insgelyks penetreer estetiese begrippe wat voorheen tot die kunsdissipline beperk was die sfeer van bestaansroetine en selfs beroepsterreine soos besigheidsbestuur wat voorheen as onversoenbaar met die kunste beskou was. Die gevolg is dat die konvensionele grense tussen kunsaktiwiteit, en enige ander aktiwiteit, ook die skryf van tekste oor die visuele kuns, onder druk verkeer en ernstige vrae oor die wesenlike inhoud van kuns en selfs die behoud van die kategorie ‘kuns’ ontstaan. Met, as vertrekpunt, die uitsprake en kunsaktiwiteite van die Duitse ‘beeldhouer’, Joseph Beuys, word 'n oorsig aangebied van die wisselwerking tussen visuele kunsvorme en ander alledaagse aktiwiteite. Die implikasies van hierdie transgressie van grense vir oproepe om 'n her-mitologisering van kuns en die aansluitende rekonstruksie van die waardestelsels van die gemeenskap word uit 'n aantal perspektiewe belig, en enkele aansluitende filosofiese interpretasies van die funksie en doel van kunsaktiwiteit word gebruik om die begrip 'artistieke deelname' in reliëf te plaas.

Get new issue alerts for South African Journal of Philosophy