Kwantifisering van die opname van atmosferiese en grond-N deur sojabone [<em>Glycine max</em> (L.) Merrill] uit <sup>15</sup> N-verrykte grond

Original Articles

Kwantifisering van die opname van atmosferiese en grond-N deur sojabone [Glycine max (L.) Merrill] uit 15 N-verrykte grond

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 13 , issue 4 , 1996 , pages: 139–146
DOI: 10.1080/02571862.1996.10634391
Author(s): A. , D. P. Botha , Republiek of Suid-Afrika , D.C. Pretorius , Republiek of Suid-Afrika , J.F. Bienkowski , Republiek of Suid-Afrika , R. , L.J. Coetzer , Republiek of Suid-Afrika

Abstract

Die doel met hierdie ondersoek was om die atmosferiese en grondstikstofopname deur die groeiseisoen van sojabone vas te stei, te bepaal in watter plantdele die N afkomstig van die twee bronne versamel, of dit later na die saad getranslokeer word en of 'n nie-nodulerende kultivar as verwysingsplant gebruik kan word om met vertroue die atmosferiese N-binding te bepaal. 'n Potproef met drie nodulerende en een nie-nodulerende sojaboonkultivar is uitgevoer. Die grond-N is vooraf met 15N verryk en gestabiliseer. Plante is op vol-blom, peulvorming, peulvul en met oesrypheid gemonsteren vir totale N en 15N ontleed. Gedurende die eerste 5–6 weke na opkoms is die beskikbare grond-N vir vegetatiewe groei benut. Na nodulering en gedurende die reproduserende fase het biologiese N-binding versnel om 'n piek 10 weke na opkoms te bereik. Met peulvul het die biologiese N-binding afgeneem om teen 'n lae, konstante tempo atmosferiese N te bind. Die opname van grond-N is in hierdie stadium minimaal en N is uit die vegetatiewe dele na die peule en saad getranslokeer. Ongeveer twee-derdes van die N in die plante en sowat 80% in die peule en sade is van atmosferiese oorsprong. In vergelyking met die 15N-isotooptegniek, het die konvensionele metode N-binding onderskat.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil