Swawelfraksies, -verhoudings en -verwantskappe in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde

Original Articles

Swawelfraksies, -verhoudings en -verwantskappe in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde

DOI: 10.1080/02571862.1995.10634328
Author(s): M.C. du Toit , Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die negatiewe invloed van bewerking op organiese materiaal in gronde en 'n groot afname in die eksterne insette van S het die vraag laat ontstaan of die swawelstatus van Suid-Afrikaanse gronde voldoende is om volhoubare gewasproduksie te verseker. Bewerkte en naasliggende ekwivalente onversteurde bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, verspreid in die somerreënvalgebied (25°–30°S en 24°–30°0), gemonster. Die lokaliteite is geselekteerom 'n groot variasie in klimaatstoestande, grondeienskappe en bewerkingsperiodeste verkry. Totale, anorganiese en mineraliseerbare S is bepaal en organiese S bereken as die verskil tussen totale en anorganiese S, en plantbeskikbare S as die som van anorganiese en mineraliseerbare S. Totale S het met tussen 4 en 70% afgeneem asgevolg van bewerking, met die onversteurde gronde as verwysing. Daarwas gem id- deld 40% meer anorganiese S in die bewerkte gronde as in die onversteurde gronde. Die afname in totale S word toegeskryf aan versneide mineralisasie van organiese S. In bewerkte gronde het daar gemiddeld 30% meer S gemineraliseer as in die onversteurde gronde. Dus bevat die bewerkte gronde meer plantbeskikbare S as die onversteurde gronde. Die verhoudings van C:S, N:S en C:N:S het afgeneem met bewerking. Organiese C, totale N, fynslik-plus-kleiinhoud en ariditeitsindeks het goed gekorreleer met die verskillende fraksies van S van beide die onversteurde en bewerkte gronde. Dit blykdat bewerking die organiese S reserwe mettertyd só kan uitput dat tekorte na 'n lang bewerkingstyd mag voorkom.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil