Evaluering en kalibrering van CERES-Maize: 3. Rywydtes in die westelike Hoëveld

Original Articles

Evaluering en kalibrering van CERES-Maize: 3. Rywydtes in die westelike Hoëveld

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 4 , 1994 , pages: 153–158
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634316
Author(s): A.S. du Toit , Republiek van Suid-Afrika , J. Booysen Departement Plantkunde, Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In die westelike-Hoëveld waar reënval die mees beperkende hulpbron is, is lae plantpopulasie en wye rye erkende produksiepraktyke vir mielies. Die praktyke verskil beduidend van die praktyke waaronder CERES- Maize ontwikkel is. Ten einde CERES-Maize te evalueer ten opsigte van die produksiepraktyke, is PAN473 teen 'n plantpopulasie van 1.5 plante m−2 vir ses rywydtes (0.8; 1.0; 1.5; 2.0; 2.5; 3.0 m) aangeplant. Die berekening van die uitdowingskoëffisient blyk ontoereikend te wees, 'n Nuwe funksie is ontwikkel om die berekening te verbeter. Die onvermoë van CERES-Maize om meerkoppigheid te simuleer plaas 'n beperking op die toe- passingsvermoë van die model in die Streek. CERES-Maize is aangepas om vir meerkoppigheid voorsiening te maak. Die veranderings het die D-indeks verhoog van 0.63 na 0.95 en die model dus meer toepaslik gemaak vir die klimaatstreek. 'n Meganistiese benadering tot kompenserende groei en die verspreiding van droë- materiaal onder verskillende verbouingspraktyke, behoort verder aandag te kry.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil