Die verwantskap tussen maksimum nitrifikasietempo en relevante eienskappe van gronde vanaf die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Original Articles

Die verwantskap tussen maksimum nitrifikasietempo en relevante eienskappe van gronde vanaf die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 8 , issue 1 , 1991 , pages: 22–26
DOI: 10.1080/02571862.1991.10634574
Author(s): D.J. Laubscher Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die oogmerk van die studie was om die verwantskappe tussen maksimum nitrifikasietempo (Kmaks) en relevante eienskappe van die gronde vanaf die sentrale besproeiingsgebiede uit te wys. Die verloop van nitrifikasie is in agt gronde, afkomstig van die gebiede, gemonitor na toediening van (NH4)2SO4 teen die ekwivalent van 100 kg N ha−1 aan beide die bo- en ondergronde. Eerste-orde vergelykings is gebruik om Kmaks te bereken vanaf die NO3-N wat oor tyd geproduseer is. Die maksimum nitrifikasietempo's van die gronde is betekenisvol deur die nitrifiserende populasie (r = 0.73) en katioonadsorpsievermoë (r= 0.75) beïnvloed. In beide gevalle neem Kmaks logaritmies toe met toenemende waardes van nitrifiserende bakterieë en katioonadsorpsievermoë. Alhoewel in sommige gevalle betekenisvol, beïnvloed grond-pH en organiese koolstof Kmaks minder, 'n Variasie van 72% in Kmaks word met katioonadsorpsievermoë, pH en organiese koolstof as veranderlikes in meervoudige regressie verklaar.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil