Kort Mededeling

Invloed van tyd van ringelering op vruggrootte en rypwording van nektariens

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 7, issue 3, 1990 , pages: 205–206
DOI: 10.1080/02571862.1990.10634569
Author(s): Hannelie Agenbag, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Voldraende Sunlite nektarienbome is in vyf produksie gebiede op 5, 6, 7, 8 en 9 weke na volblom geringeleer in 'n poging om ringelering se effek op vrugkwaliteit vas te stel. Alle ringeleerbehandelings het skynbaar tot groter vrugte gelei, maar ringelering op 5 en 6 weke na volblom het die grootste invloed gehad. Hierdie groot vrugte het egter ook die hoogste voorkoms van gesplete pitte getoon. Ringelering het rypwording oor die algemeen met 'n week vervroeg.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil