Die invloed van kort hittestremmings op groei en opbrengs van aartappels

Short Communications/Kort Mededelings

Die invloed van kort hittestremmings op groei en opbrengs van aartappels

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 6 , issue 3 , 1989 , pages: 215–217
DOI: 10.1080/02571862.1989.10634515
Author(s): P.S. Hammes Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , E.A. Beyers Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , Helen Birnbaum Departement van Biologie, Israel

Abstract

Plante van die kultivars Up-to-date en BP1 is in 'n glashuis gekweek en op verskillende tye gedurende die groeiperiode vir vyf opeenvolgende dae aan hoë temperature (35/25°C dag/nag) blootgestel. Die kultivars het eenders op die behandelings gereageer. Die hittestremmingsbehandelings het apikale dominansie verminder en die ontwikkeling van syspruite bevorder. Siegs klein verskille in die droëmassa van halms, wortels en stolons het voorgekom. Blootstelling aan hoë temperature het gelei tot vermindering in die droëmate- riaalinhoud van knolle, wat weerspieël is in die afname in knoldroëmassa. Dit beklemtoon die beperking van vars knolmassa as enigste opbrengsparameter in proewe van hierdie aard. Knoldroëmassa is met meer as 30% verlaag deur hittestremmings laat in die groeiperiode. Die resultate gee 'n aanduiding van die impak van kort periodes van hoë temperatuur op knolopbrengs en kwaliteit.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil