'n Evaluasie van twee chromatografiese metodes vir die roetine-bepaling van nikotien en nornikotien in tabak

Short Communications/Kort Mededelings

'n Evaluasie van twee chromatografiese metodes vir die roetine-bepaling van nikotien en nornikotien in tabak

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 1 , 1988 , pages: 40–41
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634247
Author(s): J.G. Nel , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Ten einde 'n geskikte metode op 'n tyd- en kostebasis te vind vir die roetine-ontleding van nornikotien in tabakmonsters, is twee tegnieke van individuele alkaloïedbepalings vergelyk. Met die dunlaagchromatografiese metode kon sewe verskillende alkaloïedes in een van die monsters wat ontleed is waargeneem word terwyl die gaschromatografiese metode slegs nikotien en nornikotien kon waarneem. Die verskille in die persentasies nikotien en nornikotien van die drie uitgesoekte monsters wat volgens die prosedures van die twee metodes ontleed is, is binne perke van 'n 10%-variasie en vergelyk baie gunstig. Vir die roetine-ontleding van nornikotien in tabakmonsters word die dunlaagchromatografiese metode aanbeveel.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil