Die invloed van verdigtingspoging, klei-en waterinhoud op verdigting van geselekteerde Hoëveldgronde

Original Articles

Die invloed van verdigtingspoging, klei-en waterinhoud op verdigting van geselekteerde Hoëveldgronde

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 3 , 1986 , pages: 119–122
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634205
Author(s): J. , A.G. Henning Departement van Landbou en Watervoorsiening, , D.J. Nel Departement Bodemkunde, PU vir CHO, , H. , J. van M. Harmse Departement Bodemkunde, PU vir CHO,

Abstract

Die verwantskap tussen kegelpenetrasieweerstand en droë brutodigtheid word deur die mate van sortering beïnvloed. By swak sortering word laer penetrasieweerstande as in die geval van matige sortering met spesifieke brutodigthede geassosieer. Waterinhoud waarby maksimum verdigting plaasvind, word deur klei-inhoud en die omvang van die verdigtingspoging beïnvloed. Kritiese waterinhoud verhoog met toename in klei-inhoud en verlaag met toename in die omvang van die verdigtingspoging. Monsters van sanderige grand van die Viljoenskroon- en Bothaville-omgewings het tot hoë brutodigthede by die onderskeie kritiese waterinhoude verdig.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil