Opbrengskomponente van koring by verskillende vlakke van grondvrugbaarheid

Short communications

Opbrengskomponente van koring by verskillende vlakke van grondvrugbaarheid

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 2 , 1986 , pages: 90–91
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634198
Author(s): P.S. Hammes Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , J.G. Annandale Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , E.A. Beyers Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , P.C. Nel Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In 'n langtermyn bemestingsproef met koring onder besproeiing het groot verskille in grondvrugbaarheid oor jare ontwikkel, wat ook in groot verskille in graanopbrengs weerspieëf word. Opbrengs en opbrengskomponente was kleiner op persele wat geen P-bemesting ontvang as op persele wat geen K ontvang. N het 'n minder beperkende rol gespeel as gevolg van die gebruik van sojabone as wisselbougewas. Die opbrengskomponente wat die grootste bydrae tot verhoogde graanopbrengs gelewer het, was getal are per eenheidsoppervlakte, gevolg deur die getal blompakkies per aar, terwyl korrelgrootte minder deur die wisselende vrugbaarheidsvlakke beïnvloed is. Getal korrels per blompakkie het nie verskil nie. 'n Toename in een komponent het nie tot 'n kompenserende afname in enige van die ander komponente gelei nie. Aanduidings is gevind dat grondvrugbaarheid die opbrengskomponente indirek beïnvloed het, via die invloed daarvan op blaaroppervlakteduurte.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil