Vergelyking van ammoniumsulfaat, kalksteenammo- niumnitraat en ureum onder besproeiingstoestande op twee gronde van die Vaalhartsbesproeiingskema

Original Articles

Vergelyking van ammoniumsulfaat, kalksteenammo- niumnitraat en ureum onder besproeiingstoestande op twee gronde van die Vaalhartsbesproeiingskema

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 2 , issue 4 , 1985 , pages: 175–178
DOI: 10.1080/02571862.1985.10634165
Author(s): P.J. Snyman , , R. , du T. Burger Departement Grondkunde, , M.C. Laker Departement Grondkunde,

Abstract

Op 'n sandgrond met 9% klei in die B21-horison het ammoniumsulfaat hoër koringopbrengste gelewer as kalksteenammoniumnitraat en ureum. 'n Sandleemgrond met 20% klei in die B21-horison, het geen verskille tussen stikstofbronne getoon nie. Logingstudies in grondkolomme het aangetoon dat feitlik geen ammoniumstikstof uit laasgenoemde grond geloog word nie. Nitraatloging is aansienlik en baie hoër uit die sandgrond as uit die grond met meer klei. Omsetting van ammonium na nitraat is betreklik stadig in hierdie gronde, want 'n betekenisvolle vorming van nitraat het eers met die derde loging aan die lig gekom. Logingsverliese van stikstof was gevolglik baie kleiner in die geval van ammoniumsulfaat as vir ammoniumnitraat.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil