Die rol van koolhidraatreserwes by kwekeryprestasie van appelhardehoutsteggies

Original Articles

Die rol van koolhidraatreserwes by kwekeryprestasie van appelhardehoutsteggies

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 2 , issue 3 , 1985 , pages: 127–129
DOI: 10.1080/02571862.1985.10634152
Author(s): P. , J.C. Stassen ,

Abstract

Sterk eenjarige winterlote van 'n tien-jaar-oue Merton-793-moederplantasie is opgedeel in steggies van 30 cm lengte. Die basale steggie is gesny vanaf die punt van aanhegting, met die tweede en derde steggie in opeenvolgende posisies nader aan die lootpunt. Die posisie van steggies op die loot het geen verskil in bewortelings- persentasie voor bot tot gevolg gehad nie. Verskille in persentasie oorlewing tussen steggies vanaf verskillende lootposisies is egter verkry nadat steggies toegelaat was om te bot en te groei. Hierdie verskille het verband gehou met die werklike hoeveelhede koolhidrate wat die steggies bevat het.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil